top of page

Addisionele Inligting

Teen wanneer moet ek RSVP?

RSVP asseblief teen of op 14 Augustus 2024. Ons sal jou graag by ons spesiale dag wil hê.

Kan ek 'n metgesel saambring?

Alle uitnodigings spesifiseer of jy 'n metgesel kan bring.

Kan ek fotos neem?

Ons vra dat daar asseblief geen fotos of videos tydens die seremonie geneem word nie. Ons fotograwe werk baie hard om ons spesiale dag vas te vang en wil graag hê dat julle die geleentheid tenvolle met ons deel. Skandeer asseblief die QR kode by die onthaal dan kan jy later die aand fotos neem en met ons deel. 

R&A_Engagement-29.jpg

Is daar 'n kroeg?

Daar is 'n kontankroeg beskikbaar om jou dors te les. So los jou coolerbox en bring net jou beursie saam. Die venue vereis 'n boete van R3000 vir enige drinkgoed wat van buite af gedrink word by die onthaal. Jy sal verantwoordelik wees vir jou eie boete. Jy kan jou eie drinkgoed vanaf 24:00 by jou chalet/kampeerplek geniet. 

Wat is die kleredrag?

Semi-formele kleredag. Asseblief geen denims. Dit is 'n bosveld troue. Dit is warm in die middag en koel in die aand. Onthou iets warm vir die aand.

Kan ek my kind/ers saam bring?

Ons gee julle die aand af. Geniet die aand saam met ons.

Hoe werk die verblyf?

Daar is beperkte verblyf op die venue beskikbaar. Alternatiewe verblyf naby die venue kan oorweeg word onder - Verblyf.  Maak jou bespreking vroegtydig by die aangeduide kontak persone of deur die webtuistes te besoek.

bottom of page